Curriculum Learning Space

  Languages FET  
 
View Blog
May 27

Written by: Bob
5/27/2008 4:35 AM 

Die waarde van handboeke in die klaskamer

 ? Goeie handboek help leerders om hul werk teen hul eie pas te voltooi en spoor hulle aan om aanvullende en/of verrykingsaktiwiteite te doen. Dit help hulle (en uiteindelik ook vir jou as onderwyser) omdat hulle dan werk wat in die klas gedoen is by die huis kan hersien deur die verduidelikings en voorbeelde in die handboek te bestudeer as voorbereiding vir die lesse wat volg.

Hoe moet ek ? handboek van gehalte gebruik om my te help beplan?

Bestudeer die handboek.

As dit nie al die inhoude dek nie, dui aan waar jy aanvullende aantekeninge moet byvoeg.

Ontwerp of pas jou Werkskedule vir die graad aan volgens jou handboek.  Voeg die getal take per kwartaal in, soos deur die Assesseringsprogram en volgens die Protokol vereis. (Getal take volgens die Assesseringsprogram – Graad 12 Huistaal virTermyn 1: een toets, twee mondelinge, een literatuurtaak + een opstel, ens.). Neem ook die temas wat in die handboek gedek word en jou Werkskedule wat jy aan die hand van die handboek opgestel het in berekening.

Ontwerp jou Assesseringsplan vir die jaar met inagneming van die take in die Assesseringsprogram soos jy dit in jou Werkskedule aangedui het.

Berei jou lesse voor en dui die daaglikse assessering aan deur te verwys na die betrokke aktiwiteite/ oefeninge in die handboek wat jy wil gebruik. (Voeg ook jou eie by, indien so verkies.) 

Op hierdie manier maak jy seker dat jy al die inhoude vir die jaar gedek het en dat jou leerders die nodige kennis en vaardighede bemeester.

 Hoe kies ek ? handboek van gehalte?

Bekom soveel goedgekeurde handboeke as wat jy moontlik kan. Vra die uitgewers vir besigtigingseksemplare.

 Bestudeer die handboek.

Vergelyk die inhoud van die handboek met die inhoud van die Vakverklaring en maak seker dat dit die voorgestelde inhoud volledig dek.

Maak seker dat
§         temas voldoende behandel word;
§         die inhoud op die korrekte taalvlak en graad gerig is; en
§         die inhoud op ? logiese wyse in moeilikheidsgrade ingedeel is, d.w.s die leerder  progressief aan al moeiliker konsepte blootgestel is.    

Kyk sorgvuldig na die aktiwiteite/oefeninge in elke afdeling of hoofstuk:
§         Sluit die aktiwiteite aan by die voorafgaande leesteks?
§          Word die aktiwiteite volgens moeilikheidsgraad ingedeel, d.w.s. rig dit leerders om die konseptuele kennis te bemeester en om die kennis toe te pas?
§         Sal die aktiwiteite/oefeninge leerders help om vraestelle te beantwoord?
§         Is daar genoeg aktiwiteite/oefeninge vir jou om van te kies en vir die leerders om te doen sodat inoefening en leer sal plaasvind?   

Wat is ? goeie handboek?

 ? Goeie handboek is soos ? kunswerk. Dis die eindproduk van die werk van ‘n groep geïnspireerde deskundiges. Dit lyk pragtig en inspireer belangstelling in die vakgebied en ook die begeerte om te ontdek. Dit voorsien die grondslag waarop die onderwyser kan voortbou. (Dr Pam Miller) Goedgekeurde handboeke vir Afrikaans Huistaal, Eerste en Tweede Addisionele Tale soos bepaal in die Nasionale Katalogus vir Graad 10 – 12 Handboeke  

 

Tags:

8 comment(s) so far...

Afrikaans

Kinkelvry Gr 11 is volgens my nie te akademies nie. Oefeninge kan self uitgewerk word. Die leerders het 'n opsomming van teorie nodig om van te leer, veral leergestremde leerders moet gestruktureerd wees.

By 1 on   6/2/2008 10:41 AM

Afrikaans

Ek soek inligting oor die Roman Manaka Plek van Horings.  Die boek is geskryf deur Pieter Pieterse.  Dit is die voorgeskrewe boek vir die Gr 12 in NoordWes.

By 1 on   7/30/2008 5:25 AM

Afrikaans

Die bogenoemde inligting aangaande handboeke het my leiding gegee ten opsigte van hoe om handboeke te gebruik, veral vir die Gr.12's.  Ek is 'n nywe onderwyser. Ek gebruik graag inligting wat my kan help. Dankie! L.Human

By 1 on   10/11/2008 4:49 AM

Afrikaans

As 'n beginneronderwyser is hierdie vir my 'n groot probleem.  As 'n NGOS student het ek nie die nodige ondervinding om te weet wat 'n goeie akademiese handboek is nie.  Die inligting aangaande handboeke gee goeie leiding oor hoe 'n hanboek gekies en gebruik moet word.

By 1 on   10/12/2008 7:35 AM

Afrikaans

My eerste taal is Engels, maar ek leer afrikaans vir tweede addisionele taal. Die beste handboeke om verskillende aspek van taal te wys is in 'n eerste taal handboek. Hierde handboeke is te hoog 'n standard om leerder te studeer vir tweede adisionele taal. dit is baie moeilik om die standaard te verminder om die kinders beter laat herken. die beste handboek wat ek gekry vir tweede addisionele taal is Kaperjol. is daar iets beter?

By 1 on   3/26/2009 9:20 AM

Afrikaans

Ek sal dit baie waardeer indien iemand my kan help met opsommings van Pieter Pieterse se Manaka, plek van die horings. Ek help 'n dogter in matriek wie se ouers finansieel nie in staat is om dit te doen nie. As iemand my asseblief kan help sal ek bly wees as u dit na die volgende e-pos kan stuur: brendadj@sassa.gov.za

Voorlopig baie dankie  

By 1 on   3/31/2009 11:19 AM

Re: Afrikaans

soek dringend na lesse wat ooreenstem met die engelse Foundations for Learning vir die Grondslagfase.

By viv on   7/21/2010 1:25 PM

Re: Afrikaans

SeiKlo Uitgewers het in 2010 'n alomvattende handleiding en gids saamgestel by die behandeling van Manaka - Plek van die Horings deur Pieter Pieterse. [Besoek www.seiklo.co.za/catalogue/study-guides/novels-manaka.html vir nadere inligting.]

Die Op-Let Reeks Manaka – Plek van die Horings Handleiding & Gids bevat noodsaaklike inligting wat jy benodig om sukses te behaal in die klaskamer, met toetsreekse en in die matriek eindeksamen. Hierdie bielie van ’n gids (met gratis A5 antwoordgids) is inderdaad ’n essensiële en hoë gehalte toevoeging tot literatuurstudie.

Die Op-Let Manaka – Plek van die Horings Handleiding en Gids lê nie net die inhoud van die voorgeskrewe roman (met die neutedop en uitgebreide opsommings) vas nie, maar bied ook ’n volledige analise en in-diepte bespreking. Die inhoud is deeglik nagevors, uiters gedetailleerd en terselfdertyd gebruikersvriendelik. Hoe meer jy die Op-Let Manaka – Plek van die Horings Handleiding en Gids raadpleeg, hoe gouer kom jy agter die kap van die byl wat die intrige, ruimte, tyd, vertelsituasie, karakters, handeling, botsing, temas, motiewe en simbole in en/of van Manaka – Plek van die Horings betref.

Die samestelling en aanbieding van die Op-Let Manaka – Plek van die Horings Handleiding en Gids is ook uiters uniek. Elke bladsy haal as’t ware asem sodat jy nooit in ’n bladsy vol beknopte inligting verlore raak nie. Dit maak dit dus vir jou moontlik om die verhaalgebeure soomloos en in al hul vertakkings te volg.

Die samestellers van die Op-Let Manaka – Plek van die Horings Handleiding en Gids nooi jou uit om op ’n kritiese wyse te bevraagteken, ondersoek, uit te daag, te wonder en die debat oor die voorgeskrewe roman verder te voer. Dit is ook ’n werkboek, met kruisverwysings en genoeg voorbeelde, kontekstuele vrae, opsteltipe- en paragraaftipe vrae asook werkkaarte en “Blink Planne vir Klaskamerspanne” om tot self- of groepstudie te lei. Daar is selfs strategiese spasies vir jou om jou eie kantlynnotas in te voeg.

Of jy nou hierdie Handleiding en Gids wil aanskaf vir die genot daarvan, uit pure nuuskierigheid of belangstelling, of uit uiterste nood, gaan jy wonder hoe jy ooit sonder so ’n omvattende Handleiding & Gids klaargekom het.

Bestel vandag jou Op-Let Manaka - Plek van die Horings Handleiding & Gids teen die spesiale skoolprys van R196 (R49 korting op die verkoopsprys) en stuur ’n bries van ontdekking deur jou literatuurbelewenis. Hierdie boek word slegs binne die aanlynomgewing bemark en skole kan dit direk vanaf SeiKlo Uitgewers bestel by info@seiklo.co.za (verkieslik) of 021 685 6575. Besoek SeiKlo Uitgewers aanlyn by www.seiklo.co.za.

By seiklo on   4/12/2011 9:01 AM
Blog List
Search Blog
New Blog
You must be logged in and have permission to create or edit a blog.
Blog Archive