13 uur deur Deon Meyer]

Fiksie - Romans
(2008/11)

R190.00

Pryswenner
2009 M-Net Literre Toekenning in die Filmkategorie 


Om 05:36 hardloop die vrou teen die hang van Leeukop. Sy is jonk, beeldskoon, Amerikaans  en beangs. Sy word soos ? dier gejag deur mans wat net ure gelede haar beste vriendin se keel afgesny het.
Meer inligting:
Om 05:43 bel hulle vir speurder-inspekteur Bennie Griessel wakker. Hy moet kom, ? jong meisie se lyk l langs St. Martini, die Lutherse kerk bo in Langstraat. Die vorige aand nog het hy gedink dit gaan vir hom ? spesiale dag wees: Die begin van ? nuwe era in sy loopbaan, as mentor van ? groep jong swart en bruin speurders. En hy verwag nuus oor sy bevordering.
Kaptein Bennie Griessel. Dit klink vir hom reg.
Behoort ? redelik normale dag te wees. 
Tot sy jong span polisiemense begin stry, baklei, struikel. Met die kerkmoord. Met die middeljarige, alkoholis-vrou wat haar man, ? groot gees in die Afrikaanse musiekbedryf, twee keer met sy eie pistool deur die hart geboor het. Met die soektog na die Amerikaanse toeris. Terwyl die diplomatieke telefoonlyne vuurwarm gebel word en selfs die Minister begin druk toepas, sodat die hele mentor-ding soos mis voor die son verdwyn en Griessel self moet inklim om die gemors te probeer red.
Om nie eens te praat van sy persoonlike probleme nie. Sy bankrekening lyk sleg, hy stoei nog met die dranklus, sy vervreemde vrou Anna bel uit die bloute en s vanaand is die aand dat hulle oor die toekoms moet gesels. Weet sy van die 26-jarige rekenaartegnikus met die aansienlike borste wat hy gisteraand, in ? oomblik van swakheid, op sy sitkamerbank beetgekry het?
Boonop kondig sy vriend en kollega Mat Joubert aan dat hy die SAPS gaan verlaat, en dan bel sy seun Fritz met die nuus dat hy klaar is met skool, hy gaan kitaarspeler word in ? rock-groep met die naam van Wet & Orde.
En dan, net wanneer hy op die punt staan om die Amerikaanse meisie te red, skiet hulle vir Bennie Griessel. Reg in die hart.
Redelik normale dag, jou tipiese dertien uur van Suid-Afrikaanse wetstoepassing.



13 uur deur Deon Meyer[Laai in mandjie]
R190.00
Beeld - 2008-11-24
Gert van der Westhuizen

Eintlik is dit nie nodig om n resensie van 13 uur te skryf nie.

Dit is immers Deon Meyer se sewende roman en sy boeke word lankal in ander tale as Afrikaans elders ter wreld verslind.

Vir Deon Meyer-junkies, soos Michael Connelly, behoort die boodskap di keer eenvoudig te wees: 13 uur is beskikbaar, dit maak nie saak wat dit kos nie, gaan koop dit net en sit n dag of twee opsy om dit te lees. 

Julle sal (weer) nie teleurgesteld wees nie.

Maar miskien is n resensie tog nodig. 

Want dalk is daar mense wat van speur-, misdaad- of spanningsverhale hou en Meyer nog nooit raakgelees het nie.

Hulle sal in 13 uur kennis maak met speurder-inspekteur Bennie Griessel, iemand wat die junkies al in Infanta leer ken het.

Griessel is al 25 jaar lank n polisieman. Hy is ook n alkoholis.

Wanneer hy om 05:37 wakker skrik, is hy al 156 dae lank sonder drank.

Maar hy en sy vrou bly al vir ses maande lank nie meer saam nie, hy het net af en toe n selfoongesprek met sy seun en korrespondeer per e-pos op sy tweedehandse skootrekenaar met sy dogter in Londen.

Boonop is hy n dinosourus by die werk, n blanke polisieman in die nuwe Suid-Afrika vir wie daar nie eintlik meer plek is nie hoewel hy baie ervare is.

In 13 uur word di ervaring darem ingespan en is Griessel n mentor wat ander jong speurders touwys moet maak. Hy moet sy studente, Vusi Ndabeni, Fransman Dekker en Mbali Kaleni, help om twee sake op te los wat onskynlik nie verband met mekaar hou nie: Die moord op n jong Amerikaanse toeris en die skietdood van die eienaar van n platemaatskappy.

Om sake vir die speurders erger te maak en lesers se naels verder in gevaar te stel, werk hulle teen die horlosie omdat die Amerikaanse toeris se vriendin meedonloos gejag word deur moordenaars wat nie sal huiwer om ng bloed te verspil om hul donker geheim te bewaar nie.

In hul soek- en speurtog kry Griessel en kie. te doen met tipies kontemporre Suid-Afrikaanse struikelblokke wat hul werk net moeiliker maak.

Benewens professionele jaloesie steek kleur- en kultuurverskille sowel as politieke onderstrominge in die polisiediens en korrupsie deur wetstoepassers ook kop uit.

Daar is ook die gewetenlose, gewelddadige misdadigers waarsonder geen Suid-Afrikaanse roman van di aard kan wees nie.

En net om alles mooi af te rond, is daar n Eskom-kragonderbreking in n stadium wanneer niemand dit nodig het of verwag nie.

Meyer se realistiese uitbeelding van die Suid-Afrikaanse samelewing, wat op deeglike navorsing gegrond is, is juis een van die redes waarom sy romans veral plaaslik so gewild is.

Suid-Afrikaanse lesers kan hulle maar al te goed daarmee identifiseer en sal hulle baie beter in n Meyer-verhaal kan inleef as wat die geval dalk sal wees met byvoorbeeld Europese of Amerikaanse speurromans.

Meyer se 13 uur behoort ook weer die ou debatte rondom speurromans op te rakel.

Daar kan opnuut gevra word of speurromans nie ook as hogere literatuur beskou kan word nie omdat ander romanvorms kwalik die probleme van die samelewing meer realisties kan raakvat en weerspiel.

Hoewel Meyer jou nie vinnig genoeg kan laat lees nie en jou hart al hoe vinniger klop soos 13 uur vorder, kan sy romans beslis na n hor kategorie as blote spanningsverhale of ontspanningslektuur opskuif.

Want dit laat n mens veels te veel dink oor wat in jou land aangaan.

Eintlik behoort die boodskap vir mense wat nog nooit n Meyer-roman gelees het nie, ewe eenvoudig te wees as di een vir sy aanhangers.

13 uur is beskikbaar, moenie bekommerd wees oor die prys nie, gaan koop dit net en sit n dag of twee opsy om dit te lees.

Julle sal nie spyt wees nie.


Van der Westhuizen is n redaksielid van Beeld 





Die boek van Ester deur Wilna Adriaanse[Laai in mandjie]
R199.00
Beeld - 2008-11-24
Ronel Nel

n Boek met s n slim titel verdien aandag. 

Adriaanse is n voormalige skrywer van boeke vir die Jasmyn-reeks en met Ester bewys sy dat sy wegbeweeg het van formule-agtige liefdesverhale. 

Meer in die rigting van boeke wat deesdae as chick-lit (enigeen vir n beter beskrywing in Afrikaans?) bestempel word: ontspanningsverhale wat nie net die hormone laat pomp en sentimentele romantiese ideale verstewig nie, maar wat die leser erken as n moderne, ontwikkelde vrou wat weet wat om haar aangaan en beslis n goeie dosis realiteit kan verwerk.

Die karakters is meer kompleks, die verhaallyn meer verwikkeld en daar is beslis geen voorspelbaarheid in die verloop nie.

Ek weet daar is heelparty resensente wat dink di genre is onwaardig  maar wat lees hlle as hulle net wil ontspan sonder om die grysstof totaal te ignoreer? Die Kama Sutra?

Hierdie een se storie: Ester Green is n fotojoernalis  maar sys geen groentjie nie; sy ken die lewe, eerstehands. Haar pa is Joods, hy was redakteur van n groot koerant; haar ma Afrikaans. Haar ouers word een aand in hul oprit doodgeskiet  geensins n lukrake misdaadgeval nie, maar dit noop haar steeds om Suid-Afrika te verlaat en na Londen te trek. 

Daar hervestig sy haarself totaal: sy verander haar klere, haar sosiale kring en word n mode-fotograaf. Afrika is in sy maai en sy stel nie meer belang nie, dankie! 

Twee jaar later is sy egter terug in die land vir n shoot in die Laeveld. Daar ontmoet sy Samuel McGreggor, veearts en omgewingskenner. n Belese, welsprekende man, uitgesproke en deel van die kontinent wat sy so inderhaas verlaat het. Sy dink hys naef. Hy dink sys stroom-op (goed, di deel is bietjie clich-matig ...).

In die tyd wat die twee mekaar takseer en sy n stryd voer teen haar wortels, die land en die man, ontdek sy haar eie bande met haar omgewing, sy mense en haar Joodse herkoms  en di proses is swaar. Afrika se klei word nie so maklik uit jou hare gespoel nie...

Die boek is heerlik, hoewel dit soms voel of die dialoog toesprake is, met geweldige bykomende nagevorste inligting. 

Dit is ook ni n Ingrid Winterbach of n Marlene van Niekerk nie  en probeer dit ook geensins wees nie.

Dit is n lekkerlees-boek van waarde. Goeie chick-lit soos ons dit in Afrikaans nodig het. Ideaal vir n Saterdagmiddag op die rusbank, voete in die lug en n glas wyn in die linkerhand.


Nel is n skrywer en vryskut-resensent.


